Haselneut Koekies

Die bros bolaag sak tydens die bakproses effens in die sponskoek in en gee ‘n heerlike geur daaraan.

Lewer 18 koekies

BOLAAG
  • 50 g (55 ml) botter
  • 175 g (220 ml) geelsuiker
  • 10 ml gemaalde kaneel
  • 45 ml koekmeelblom
  • 50 g (125 ml) geroosterde haselneute gekap
KOEK
  • 100 g (110 ml) sagte margarien
  • 100 g (120 ml)strooisuiker
  • 2 eiers
  • 175 g (310 ml) bruismeel
METODE

Stel oond op 180°C. Smeer en voer die basis van ‘n pan 17,5 cmx27,5 cm met gesmeerde bakpapier uit. Berei eers die bolaag: smelt die botter in ‘n klein kastrol,haal van stoof af en voeg res van bolaag bestanddele by. Laat afkoel en meng intussen die koek.

Plaas al die koekbestanddele in ‘n groot bak en klop 2 tot 3 minute tot die mengsel deeglik vermeng is. Smeer deeg oor die boom van die pan.

Skep bolaag oor en bak sowat 30 minute tot koek goed gerys is en weggekrimp het van die kante van die pan.

Laat afkoel in die pan en merk 18 blokkies. Lig uit en bêre in ‘n lugdigte houer.

BRON: Koek en koekies in ‘n kits – Mary Benni

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply