Droëvrugteslaai
Hierdie slaai smaak veral lekker by gebraaide skaap- of beesvleis
Lewer 6 tot 8 porsies
BESTANDDELE
- 500 g gemengde droëvrugte
- flou rooibostee
- 6 piesangs
- 1 blik kondensmelk
- 125 ml asyn
- 10 ml mosterdpoeier
- 50 ml sonneblomolie
- 2 ml sout
- 1 eiergeel
Stowe die droëvrugte in die tee tot sag en dreineer. Skil en sny die piesangs in skyfies. Klits die res van die bestanddele by tot gemeng.
Pak die gestoofde vrugte en piesangskyfies in lae in ‘n slaaibak en skep van die sous oor elke laag. Eindig met ‘n laag sous en snipper ‘n bietjie vrugte of geroosterde klapper bo-oor vir garnering.
BRON: Koek en koekies in ‘n kits – Mary Benni
Leave a Reply
Want to join the discussion?Feel free to contribute!