Gekookte Vrugtekoek
Hierdie klam koek sal goed hou as jy dit in tinfoelie toedraai of in n lugdigte houer bewaar. Dis ideaal om te sny en in ‘n kospakkie of piekniekmandjie te pak.
BESTANDDELE
- 1 blik (397g) kondensmelk
- 150 g (165 ml) margarien
- 225 g (375 ml) rosyne
- 225 g (375 ml) sultanas
- 225 g (375 ml) korente
- 100 g (160 ml) glanskersies, gekap
- 225 g (400 ml) koekmeelblom
- 10 ml gemengde speserye
- 5 ml gemaalde kaneel
- 2,5 ml koeksoda
- 2 eiers
Stel oond op 150°C. Smeer en voer ‘n ronde 17,5cm koekpan met gesmeerde bakpapier uit. Giet kondensmelk in ‘n swaarboomkastrol uit en voeg margarien,vrugte en glanskersies by. Plaas oor lae hitte tot melk en margarien gesmelt is roer goed en prut 5 minute saggies. Haal van stoof af,laat so 10 minute eenkant om af te koel en roer kort-kort om proses te bespoedig.
METODE
Sif koekmeelblom saam met speserye en koeksoda in ‘n groot bak en maak ‘n holte in middel. Plaas eiers en afgekoelde melkmengsel daarin en roer vinnig deur tot goed gemeng.
Skep in pan,maak bokant gelyk en bak 1¾ tot 2 uur of tot koek goed gerys en goudbruin is en die bokant styf voel. ‘n Warm toetspen wat in die middel ingesteek is moet ook skoon uitkom.
Laat sowat 10 minute in pan afkoel. Keer op ‘n afkoelrak uit en laat heeltemal koud word.
BRON: Koek en koekies in ‘n kits – Mary Benni
Leave a Reply
Want to join the discussion?Feel free to contribute!