Hierdie koek smaak vorentoe en hou lank. Pak gerus daarvan in vir middagete.

BESTANDELE:

  • 210 ml kookwater
  • 175 g (280 ml) dadels, gekap
  • 3,5 ml koeksoda
  • 175 g (220 ml) ligte bruinsuiker
  • 50 g (55 ml) sagte margarien
  • 1 klein eier geklits
  • 225 g (400 ml) koekmeelblom
  • 3,5 ml bakpoeier
  • 1,2 ml sout
  • 40 g (100 ml) okkerneute gekap

METODE

Stel oond op 180°C. Smeer en voer ‘n vierkantige 20 cm koekpan met gesmeerde bakpapier uit. Plaas water,dadels en koeksoda in ‘n bak en laat 5 minute staan.

Room suiker en margarien en klop eier saam met water en dadels by.

Sif koekmeelblom,bakpoeier en sout saam en vou saam met neute in dadelmengsel.

Skep in pan,maak bokant gelyk en bak sowat ‘n uur tot gaar. Keer uit, trek papier af en laat op ‘n afkoelrak afkoel.

BRON: Koek en koekies in ‘n kits – Mary Benni