Vinnige Vrugtekoek Broodjie

Lewer 1 koekbrood
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 1 uur

Vrugtekoek Mengsel Bestanddele

  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 7 ml (1½ t) fyn kaneel
  • 2 ml (½ t) fyn naeltjies
  • 2 ml (½ t) neutmuskaat
  • 5 ml (1 t) fyn gemmer
  • 5 ml (1 t) sout
  • 250 ml (1 k) vrugtekoekmengsel
  • 100 g rooi glanskersies, gehalveer

Vir Bak

  • 125 ml (½ k) melk
  • 80 ml (1/3 k) olie
  • 2 eiers

Metode:

  1. Vir die bakmengsel: Meng alles baie goed en bêre in ’n lugdigte houer in die koskas.
  2. Vir bak: Voorverhit die oond tot 180 °C. voer ’n broodpan van 9 x 19 cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.
  3. Skep die mengsel in ’n mengbak. Klits die melk, olie en eiers saam en voeg by die bakmengsel. meng goed en giet in die voorbereide broodpan.
  4. Bak sowat 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Laat effens afkoel in die pan en keer dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.

Bron en Foto: Alletta Strydom

Read more http://www.liplekkerresepte.futureriverdesigns.com/maklike-vrugtekoek-resepte-vir-kersfees.html

Dadelbros Brood

Saam met ‘n appel kan hierdie koekies deel vorm van ‘n kospakkie

Voorbereiding sowat 10 minute

Baktyd sowat 30  tot 40 minute

BESTANDDELE
  • 225g (400 ml) koekmeelblom
  • 5 ml bakpoeier
  • 175 g (190 ml) sagte margarien
  • 100 g (125 ml) ligte bruinsuiker
  • 100 g (165 ml) ontpitte dadels,gekap

Stel oond op 180°C en smeer ‘n vlak pan van 27,5cm x 17,5cm liggies. Plaas koekmeelblom en bakpoeier in ‘n bak en vryf margarien in. Roer suiker en dadels by en knie tot goed vermeng. Druk in pan en maak seker dat mengsel egalig versprei is. Bak sowat 30 minute tot ferm en bruin om rande.

Sny in 16 vingers en laat afkoel in pan. As jy wil kan jy ‘n bietjie strooisuiker bo-oor sprinkel.

BRON: Koek en koekies in ‘n kits – Mary Benni