1kg bruismeel
275ml suiker
250gr Margarien
5ml sout
400-500ml melk
7ml bakpoeier
250g dadels fyn gekap
2eiers geklits

METODE

Sif droe bestandele saam, rasper margarien in,
As jy n menger het met n hak gaan dit baie maklik
Meng die margarien in die droe bestandele of met jou vingers,
Maak melk lou
Klits eiers in 400ml melk
Meng met bottermengsel
As deeg te styf is gooi nog bietjie melk by
Knie of meng deeg goed,
Smeer hande met olie en vorm balletjies,
Pak in gesmeerde panne of spuit oond pan en druk deeg in pan
Sny dan klaar jou beskuite en bak vir 30 min by 180*C
Stel oond af na 150*C vir nog 30min
Haal uit oond
Sny met skerp mes op jy plekke waar jy gesny het en keer beskuit uit
Droog uit in n lou oond 100*C met deur effens oop

Bron: Plasing & Foto: Chrissi Havlicek / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

http://www.watertandresepteviroudenjonk.com/beskuit.html