Piesangbrode vir Huis Aristea & Edelweiss

Dried Fruit for Africa het 2 tehuise besoek en vir die inwoners en personeel piesangbrode gebak en geskenk.

TERUGVOERING:
Verskriklik baie dankie vir die groot bederf van die piesangbrode.
Vir ons inwoners wat baie swaar kry omdat hulle nie mag uitgaan of hulle familie sien nie, beteken so ’n bederf nog baie meer as onder normale omstandighede.
Seën en goeie gesondheid vir u en u personeel.

Vriendelikke Groete
Tertius Beyers
BESTUURDER / MANAGER
HUIS ARISTEA

Baie baie dankie vir die groot donasie van piesangbrode wat Edelweiss se inwoners en personeel vandag van julle ontvang het.

Die inwoners kan nie uitgepraat raak oor hoe heerlik vars die broodjies was nie. Sommige was in trane oor hoe die Here julle gebruik om ons inwoners te seën.

Ons waardeer die gebaar opreg.

Vriendelike Groete
Suzelle Nigrini
HOOF EDELWEISS ACVV DIENSTAK