Oats Neute Stafies

Oond 180° C.

MENG SAAM:
250 ml gesmelte botter
250 ml heuning.

VOEG DAN DIE DROë BESTANDELE BY:
750 ml rou oats
750 ml volkoring of nuttywheat meel
1 k sonneblomsaad
1 k klapper
kwart t sout
Meng bestandele goed deur en skep in gesmeerde, met bakpapier gevoerde bakplaat.
Bak vir 35 minute en koel af, haal versigtig met bakpapier uit en sny in stafies

Bron: Radio Namakwaland